WELKOM BY DIE BOEREVRYHEID SPEELGROND:

"BVS"

FORUM FOR THE PEOPLE BORN OUT OF THE PEOPLE

PLEASE REGISTER
It is currently Tue May 21, 2013 8:27 pm




Post new topic Reply to topic  [ 1 post ] 
Griepentstof ‘dodelik’ 
Author Message

Joined: Sat Sep 05, 2009 11:39 am
Posts: 56
Post Griepentstof ‘dodelik’
http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nu ... k-20100424

Griepentstof ‘dodelik’
2010-04-24 02:56
Thinus Dippenaar


Kaapstad – ’n Kaapse apteek vervaardig glo sy eie ongeregistreerde “griepentstof” wat per mond toegedien word.

Die apteker van die A. White-apteek in die Moederstad, mnr. Wil­liam Bannatyne, het gister bevestig hulle vervaardig en verskaf taamlik baie van dié “entstof” sonder ’n lisensie aan verskeie Wes-Kaapse apteke.

Die Medisynebeheerraad (MBR) het by navraag gesê dié “entstof” is nie by hom geregistreer nie.

Bannatyne het gesê hulle gebruik die goedgekeurde entstof, wat binneaars toegedien moet word, en verdun dit dan met kruiemedisyne. Dié brousel word onder die kliënt se tong geplaas.

Dr. Joey Gouws, direkteur van die inspektoraat vir wetstoepassing van die MBR, het gesê ’n mens moet dit bevraagteken as medisyne wat ingespuit moet word, gebruik word in druppels wat mondelings toegedien word.

“Die formulering van inspuitings moet verskil van druppels omdat die ensieme wat in speeksel en bloed voorkom, verskil.”

Ingevolge medisynewetgewing mag aptekers produkte soos ’n hoesstroop of room vir pasiënte meng, maar hulle mag dit nie vervaardig nie, het Gouws gesê.

“As hulle self die produk aanmaak, is hulle aanspreeklik vir die veiligheid, kwaliteit en effektiwiteit van die produk.”

Sy het gewaarsku dat mense wat dié “griepdruppels” gebruik dodelik siek kan word omdat die veiligheid daarvan nie bewys is nie.

’n Kliënt van die apteek het gister aan Die Burger gesê die apteker se assistent het aan haar verduidelik hulle kon nog van verlede jaar se entstof gebruik.

Die produk word bemark onder die naam Influenzinum 2010 200CH. Volgens die etiket bevat dit vanjaar se drieledige entstof.

Geen inligting is beskikbaar oor waar dit vervaardig is nie, die skedule word nie aangedui nie, asook geen kontra-indikasies of newe-effekte nie.

Bannatyne het gesê meer entstof is by ’n groothandelaar verkry, maar het geweier om te sê by wie.

Vervaardigers en handelaars het vroeër aan Die Burger gesê hul voorraad is reeds lankal op en dit neem byna ’n jaar om nuwe entstof te vervaardig.

Prof. Wolfgang Preiser, hoof van geneeskundige virologie aan die Universiteit Stellenbosch, het gesê: “Daar is ernstige twyfel oor die inhoud en beskerming van dié (apteek se) entstof. Ek kan die gevolgtrekking maak dat dit nie ’n entstof is nie.”

Me. Mandisa Hela, registrateur van die MBR, het gesê die produk gaan so gou moontlik ondersoek word.


- Die Burger


Mon Apr 26, 2010 9:25 am
Profile
Display posts from previous:  Sort by  
Post new topic Reply to topic  [ 1 post ] 


Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  
cron

SA Topsites ::